|
All-gro Brands produseer, bemark, verkoop en versprei verskeie produkte in die troeteldier en tuin mark. Hierdie produkte sluit in: chemiese en organiese kunsmis, voëlsaad, wetenskaplik-geformuleerde honde en Koi kos, sowel as omgewingsvriendelike insekdoders. Die produkte word onder bekende handelsname bemark.
All-gro se fokus op omgewingsvriendelike produkte ondersteun die maatskappy se doel om na die omgewing en die gemeenskap se gesondheid om te sien.
Die produkte wat All-gro vervaardig , sowel as die wat slegs deur die maatskappy versprei word is beskikbaar by verskeie landbou en tuinbou winkels in Suid Afrika. ( Vir meer inligting sien: Distribusie)
All-gro is 'n lid van die SA Nursery Association.
All-Gro Saad se kernbesigheid is die verskaffing van koringsaad, hawersaad en sojaboonsaad wat nasionaal onder besproeiing bemark word.
All-Gro Saad is lid van die South African National Seed Organisation , SANSOR en die saad voldoen aan die vereistes van die sertifiseringsskema. |